Wednesday, 17 February 2016

Tegnologie ons toekoms

Tegnologie ons toekoms
‘n Breëweg definisie van digitale pedagogie is om opvoeding te ervaar deur die gebruik van elektroniese elemente. Maar dis nie al - dit is ook om met nie-elektroniese elemente opvoeding te ervaar deur allerdaagse dinge. Om klas aan te bied deur middel van modelle, speeldeeg en of enige nie elektroniese elemente.

Indien jy slegs van elektroniese elemente gebruik maak, beteken dit nie dat jy digitale pedagogie beoefen  nie. Paul Fyfe argumenteer dat die integrasie van 'n tegnologiese hulpmiddel sonder refleksie, is opvoedkundige verandering nie digitale pedagogie. Verder beweer hy dat as die instrument wat jy het 'n hamer is, is dit aanloklik om probleme soos spykers te hanteer. Met ander woorde, dit beteken dat 'n eenvoudige bekendstelling van 'n element (bv. Powerpoint ) in 'n lesing , nie nagedink word oor hoe die lesing self moet ontwikkel nie, is dit dieselfde as 'n lesing sonder Powerpoint. Puntloos!

Op die nie-elektroniese manier kan opvoeding tot vaslegging lei. Kinders leer baie vining sodra hulle kan assosieer met iets. Meenende deur die gebruik van hul sintuie. Die ou manier van print die dokument uit en onderstreep die belangrike konsepte is ‘n manier hoe om vaslegging te bevorder.
Tegnologie het altyd ‘n manier om jou in die steek te laat op die slegstetyd. Die tyd wat jy die mees afhanklikste is daarvan.

Daar is soveel beter maniere as om van tegnologie gebruik te maak om te leer. Ongelukkig is tegnologie ons toekoms.


No comments:

Post a Comment